Hartlik Welkom

Ons is ‘n gemeente in Jesus Christus.

Jesus Christus is ons Here wat ons deur sy genade leer ken het, en hoe langer hoe meer beter wil leer ken.
Ons Here leer ons vanuit sy Woord en deur die werking van die Heilige Gees versterk Hy ons geloof en laat Hy ons geloof groei.

Wat ‘n wonderlike genade en seën dat ons Here ons lewe so rig dat ons in geloof in Jesus Christus en liefde tot Hom kan lewe.

Ons as gemeente nooi u om saam met ons die Here vanuit sy liefde vir ons, te aanbid en liefde te hê. Want Hy is waarlik God – die enigste hoop vir hierdie wêreld.

Groete in Christus
AP Kerk Verwoerdburg